Amanteco se amandelprag: InteliGro trots deel
Weggesteek tussen die berge in die Klein-Karoo driehoek tussen Montagu, Touwsrivier en Barrydale lê ‘n groen oase waar daar met amandels op kommersiële skaal geboer word. Addersfontein, die plaas van die le Roux’s, waar Stephan le Roux onlangs vir InteliGro op toer deur hul pragtige amandelboorde geneem het. Die plaas se besigheid se naam is Amanteco.
Die geskiedenis van die plaas dateer terug na 1975 toe sy oupa, Rino Brochetto, op die omgewing verlief geraak het en homself daar gaan vestig het om op kleinskaal met die bestaande perske- en appelkoosboorde te boer. Op aanbeveling van SAD in 1980 het hy ‘n proefblok amandels aangeplant en gesien dat dit baie goed in hierdie omgewing aard. Rino se skoonseun, Hans le Roux, ‘n mediese dokter van beroep het altyd in die landbou belanggestel en het by die boerdery in die laat 1990’s betrokke geraak nadat die pryse in die sagtevrugtebedryf aansienlik gedaal het. Na vele besoeke aan Kalifornië het Hans genoegsame inspirasie en kennis rakende die amandelbedryf opgedoen. So het die eerste kommersiële amandelplaas in Suid-Afrika tot stand gekom.
Vandag staan hulle as die enkel grootste amandelprodusent in Suid-Afrika bekend, met 120 ha onder verskillende kultivar amandelbome. Kultivars is onder andere Non pareil (hoof kultivar), Price, Ferragnes en Peerless, met ‘n gemiddelde opbrengs van 3 ton / ha. Daar is tans ongeveer 60 000 bome op die plaas (6×4 en 6×3 spasiëring) en hulle bemarkingsmaatskappy, Amanteco, se verspreiding is landwyd, asook na Europa.
Vier jaar gelede het Stephan vir Blasie Franken van InteliGro genader om betrokke te raak en insette te maak rakende plantvoeding en gewasbeskerming. Blasie was in die Vyeboom-area baie betrokke met die ontwikkeling en monitering van die Carbology®-benadering waar hy tesame met Rian Briedenhann, voedingskundige van InteliGro, die Carbology®-benadering op kern-en steenvrugte met goeie resultate toegepas het.
Amanteco het besluit om 40ha van die plaas volgens die Carbology®-program te behandel. Die ander deel van die plaas was vir ‘n ander maatskappy gegee om hulle insette daar te lewer.
Leon Rosser, InteliGro se Gewas Oplossings Spesialis in die Robertson-area, is verantwoordelik vir Stephan se plase. Hy diens Adderfontein en help Stephan met die gewasbeskermings- en plantvoedingsprogramme wat deur Rian Briedenhann opgestel word.
Die korrekte besproeiingskedulering, spuitvriendelike bome met korrekte lighuishouding, die korrekte kultivarkeuses met die regte kruisbestuiwers, gesonde bome met gesonde wortels is alles voorvereistes wat in plek moet wees voordat ‘n gedetaileerde voedingsprogram die gewenste resultate sal lewer. InteliGro het ‘n paar jaar gelede besluit om pasgemaakte voedingsprogramme wat deur sy tegniese adviseurs opgestel word onder die naam Carbology® te bemark. Die Carbology®-programme het ten doel om die korrekte voedingsprodukte, biostimulante en groei-reguleerders per groeistadium vir elke gewas, gebasseer op boordinligting en geskiedenis, in een program aan produsente te voorsien. Die program het ten doel om voldoende voeding aan plante te verskaf, eerstens deur die wortels en dan waar nodig, voedings-ondersteuning deur die blare. Dit is veral in tye van swaar set waar die Carbology®-program help om nie net die huidige seisoen se opbrengste te ondersteun nie, maar ook help om die reserwes van die plant vir die daaropvolgende oes aan te help. Gevolglik word die voorkoms van alternatiewe drag wesentlik verminder sou omgewingstoestande gunstig wees.
Stephan se doel is om opbrengs, neutgrootte en neutkwaliteit oor die langtermyn te verbeter en die voorkoms van alternatiewe drag so laag as moontlik te hou. Stephan het noue bande met produsente in Kalifornië en met die voedings- en besproeiingsriglyne wat die Amerikaners gebruik, is ‘n pasgemaakte program per boord met inaggenome die boordgeskiedenis, grond- en blaarontledings van elke blok, vir Stephan ontwikkel.
Waterkwaliteit en grondbeperkings in die Klein-Karoo en veral op die plaas bly ‘n groot uitdaging om versouting te bestuur en Stephan moes sekere aanpassings maak. Deur o.a. van drupbesproeiing gebruik te maak is hy in staat om van die beperkinge tot ‘n groot mate te oorkom.
Jaarlikse aanpassings word nog steeds gemaak wat gebaseer is op oesresultate en binne die eerste seisoen wat van die boorde volgens die Carbology®-voedingsprogramme behandel is, het Stephan vir InteliGro gekontak en laat weet dat die neute skielik te groot is om deur die siftings-siwwe te gaan. Die daaropvolgende jaar was die effek op neutgrootte en gewig nog groter.
Na die tweede jaar wat InteliGro hier betrokke was het Stephan besluit om die res van die plaas ook onder die insette van InteliGro te plaas weens die resultate wat behaal is.
Die ou amandelboord (wat hulle wou uithaal) se opbrengs het gaandeweg onder InteliGro se Carbology®-program met gemiddeld 1 ton per ha per jaar opgegaan en aansienlik groter gemiddelde opbrengste word nou oor die hele plaas behaal.
Nuwe aanplantings word die eerste twee jaar met behulp van Multicote se beheerde vrystellings kunsmis (Controlled Release Fertilizers) van Haifa eenmalig aan die begin van die groeiseisoen bemes. Dit bring mee dat daar voldoende voedingstowwe vir elke boompie by die wortels beskikbaar is en slegs blaarvoedings, soos deur die seisoen aanbeveel word, toegedien word. Weens die wydte van die boomaanplantings werk die program per ha baie goedkoper per boom uit gegewe die kg stikstof, fosfaat, kalium, en mikro-elemente wat Stephan vereis.
Soos gesien kan word op die foto waar Stephan by 5de blad-bome staan: Die groei wat behaal is met Multicote en InteliGro se voedingsprogramme.
Die le Roux-familie het in 2016 tesame met William James Bussell van Bussell Boerderye die plaas Majors Drift Estate net buite Robertson aangekoop. Al die wingerde is uitgehaal en nog 80ha amandelbome is aangeplant.
Amanteco amandels is nou uitsluitlik onder die InteliGro-program, met herhalende suksesse vir ‘n volhoubare toekoms.
Stephan is baie dankbaar vir al die insette en ondersteuning van die InteliGro-span en soos hy opmerk: “Sonder die ondersteuning wat ek vanaf Oom Blasie, Rian en Leon kry sou ons maar gesukkel het om bo die 2 ton/ha te kon bly; veral in die ernstige droogte waarin ons tans is.”
For any questions, you can mail us at info@agri4africa.com or visit our site for other exciting business opportunities!
If you are looking to broaden the scope of your company or business, drop us a mail at info@agri4africa.com for more information on how to become a featured company on our website.
Contact:
Website: Follow the link Here